12/12/2016
Sjoe, al wat ek kan sê is DANKIE, DANKIE, DANKIE! Nooit het ek gedink dat ons hierdie projek in die tyd gedoen gaan kry nie, maar met julle almal se kosbare harte van gee kon ons vir hierdie 130 kinders elkeen 'n kerskous met 'n heerlike verassingtjie binne in gee. Hulle het dit vreeslik waardeer en die partytjie baie geniet. Uit my hart vreeslik dankie en alle eer aan ons Pappa in die hemel wat vir elkeen van hierdie kinders sal sorg en nooit teleurstel nie. As 'n ekstra bonus het daar so paar goedjies oorgebly en kan ons ook nou vir nog so paar gesinne se kinders elkeen ietsie opmaak. Geseënde Christusfees vir elkeen van julle # # (Vergewe my asb. as ek dalk nie jou naam hier getag het nie, maar aan die einde het dit bietjie rof geraak om al die name te onthou - veral die Skilpadland-ouers wat my so wonderlik ondersteun!)
31/10/2016
Baie baie dankie vir almal se bydraes so ver, ek waardeer dit opreg. Indien enige iemand nog bydraes wil maak is julle welkom om dit asb. voor 15 November te maak. Julle kan my kontak vir afhaal. Ek het reeds al die tandeborsels, waslappies, niknaks, stokkielekkers en fizzers. Enige hoeveelheid van enige item is welkom. Baie dankie ♡
Graag vra ek asseblief julle hulp om hierdie projek 'n werklikheid te kan maak. Julle kan my kontak vir enige navrae. Byvoorbaat BAIE DANKIE # #
26/10/2016
Graag vra ek asseblief julle hulp om hierdie projek 'n werklikheid te kan maak. Julle kan my kontak vir enige navrae. Byvoorbaat BAIE DANKIE # #
26/07/2016
Baie dankie Lizelle Hoffman vir jou skenking. Ek waardeer dit opreg ♡
26/07/2016
Wat 'n ongelooflike groep omgee mense. Baie dankie Hoerskool President vir julle insamelingsprojek vir Hope & Believe. Dit was vir ons 'n voorreg om vandag te kon deel met jong harte wat sade van HOOP strooi!
19/07/2016
Baie baie dankie vir almal se getroue bydraes en ondersteuning. Ek deel vandag 'n foto'tjie van die pop wat my inspirasie vir hierdie projek is.
12/05/2016
Baie dankie Marina en Willie vir al die klere. Dit gaan baie help ♡♡♡
31/03/2016
Baie baie dankie Lianie Walters Le Roux vir jou sakke vol klere vir my projek. Ek waardeer dit regtig uit my hart # # #
31/03/2016
Duisende duisende dankies Jolanda Fritz Visser vir jou wonderlike bydrae! Letterlik BOKSE vol klere!!! Elke kledingstuk gaan 'n wonderlike koue lyfie toemaak die winter.
11/03/2016
Pakkies opgemaak vir 8 kinders! Hoe groot is U genade!
11/03/2016
Baie dankie Annari vir jou wonderlike bydrae!