01/11/2026
LOGISTIEKE BESTUURDER GESOEK
Die Joetsie Groep brei sy vervoerafdeling uit en nooi geskikte kandidate om aansoek te doen. Ons is op soek na ’n gemotiveerde individu met die volgende kwalifikasies en eienskappe:
• Minimum drie jaar ondervinding in die vervoerbedryf (bestuur van vragmotors alleen word nie as ondervinding erken nie)
• ’n Toepaslike diploma of graad sal in jou guns tel
• Geldige kode 8-rybewys
• ’n Sterk diensrekord met kontakbare verwysings
• Betroubaar, energiek en bereid om hard te werk
• Beskikbaar om oortyd te werk wanneer nodig
• Rekenaargeletterd met kennis van Excel, Word en Outlook
Stuur jou volledige CV na: [email protected]
Let wel: Moet asseblief nie aansoek doen indien jy nie aan die bogenoemde vereistes voldoen nie.
Aansoeke sluit 30 November 2026.