14/11/2023
Ek het bietjie van n' breek gevat en n' nuwe loopbaan aangepak in Februarie wat my sover lekker besig gehou het. En daarom het ek so lanklaas geverf.
Ek het weer my hande vuil gemaak en n' kas aangepak.
Die vertoon kas is beskikbaar teen R4000.00
Afhaal is in die Strand.
0725451180
09/04/2023
Die grootte kas is klaar! Dit het n' hele paar naweke geneem om als klaar te kry.
Dankie UniQ CNC & Craft vir die mooi lazer cutting vir die deure. Die mandjies is ook by n' 'local vendor' gevleg om presies in die spasie te pas.
Om hierdie kas nog meer te laat uitstaan, is daar n' lig binne sodat die patroon op die deure mooi vertoon in die aand.
Hierdie kas prys R6500.00
26/03/2023
Die kas vorder nou mooi. Vandag weer daaraan gewerk en ons is self opgewonde om die voltooide produk te sien.
05/03/2023
Hierdie is die rede dat ek nooit my naels kan doen nie 🙈
Ons vorder met die groot kas wat oopad is. Ons deel binnekort die voltooide produk met julle.
25/02/2023
Hardo het vanoggend hand bygesit om te help met die nuutste projek. Ek deel binnekort die voltooide kas met julle.
23/02/2023
Die mooi kis het huis gekry in Vis Hoek.
Ek en Hardo sal die naweek weer n' tydjie hê om aan n' nuwe kreatiewe projek te werk. Sodra ons klaar is, deel ek dit met julle.
05/02/2023
Ek het die naweek so bietjie tyd spandeer om hierdie beige Imbuia linne kis n' nuwe baadjie aan te trek.
Hy is beskikbaar teen R2750.00
Kolleksie in die Strand
22/01/2023
So bietjie agter die skerms foto's van die voor en na van een van die onlangse projekte.
16/01/2023
Ek het n' paar nuwe tegnieke aangeleer oor die naweek om hierdie kas te voltooi.
Die laai kas is in Tjhoko Paint se J'co geverf, met copper en silver leaf en brass handsvatsels.
R 3750.00
Stuur my n' boodskap indien jy belangstel: 072 545 1180
15/01/2023
Die kassie sal Dinsdag na sy nuwe eienaar gaan.
Baie dankie vir die ondersteuning wat ek ontvang. Ek beplan om in 2023 baie meer aandag te gee aan Ouma se Blommekind en so bietjie meer as gewoontlik te verf.
30/12/2022
~ Black & Gold ~
Toe ek die kassie sien het ek dadelik geweet hy gaan anders geverf moet word as enige van my vorige projekte.
Swart, p*k swart, en goud...
Hoogte 94 cm
Lengte 87 cm
Breedte 42 cm
Die kas verkoop teen R 2500.00 en moet in die Strand opgetel word.
Daar is binne n' rak, en lekker baie pak spasie. Eintlik perfek vir n' drank kassie.
25/12/2022
Geseënde Kersfees aan julle almal. Ons waardeer die ondersteuning deur die jaar. Baie liefde Nicole en Hardo